Sal Jy Bly [Live Duet]

Christoph Kotze, Theuns Jordaan

My voete stap al jare lank
Soos rigtingwysers op die Noordwes pad
Met 'n brief in my hand
Al die pad van Wolmaransstad

Ek voel al die ink uit die brief uittap
Ek ruik haar hare as ek saans gaan slaap
In my ou houthuis ver van Wolmaransstad

Sal jy bly
Vir 'n appel en 'n ui?
Al skeur die maan ons weg
Bly my hart na jou toe trek

Sal jy bly
Vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in 'n ou wit rok met my?

Die nagte raak koud maar hou aan ry
Veral as die trokke so verby my gly
Maar ek klou net vas
Aan die brief van Wolmaransstad

Aan my ou houthuis is 'n ou sink deur
In stilte val ek op my knieë neer
Daar was donderweer
En daar staan Lillie
Voor my

Sal jy bly
Vir 'n appel en 'n ui?
Al skeur die maan ons weg
Bly my hart na jou toe trek

Sal jy bly
Vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in 'n ou wit rok met my?

Maar Lillie
Jou trane
Laat my verlang na die ou ou dae
Toe ons die strate van die bo dorp rooi kon verf
Bloedrooi verf

Sal jy bly
Vir 'n appel en 'n ui?
Al skeur die maan ons weg
Bly my hart na jou toe trek

Sal jy bly
Vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in 'n ou wit rok met my?

Sal jy bly?
Vir 'n plaas met 'n ou houthuis?
Al bly die skuld teen ons deure klop
Sal jy trou in 'n ou wit rok met my?

Sal jy bly

Curiosidades sobre la música Sal Jy Bly [Live Duet] del Theuns Jordaan

¿Quién compuso la canción “Sal Jy Bly [Live Duet]” de Theuns Jordaan?
La canción “Sal Jy Bly [Live Duet]” de Theuns Jordaan fue compuesta por Christoph Kotze, Theuns Jordaan.

Músicas más populares de Theuns Jordaan

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)