Groet sonder woorde

KOOS DU PLESSIS

Laat ons nie praat nie, die tyd is verby,
niemand is kwaad nie en albei is vry.
Kom kyk deur die ruite, die nag staan in blom,
woorde hoort buite, want hartseer is stom.
Lê jou kop hier teen my skouer
laat jou hart sy paaie gaan
stilweg word ons wys en ouer
eendag sal ons dalk verstaan.
Maar tot die ryp kraak onder skoene
wat geen ander haard of tuiskoms ken
gun ek my nog visioene
van een wat die hele wêreld wen.
Jy hoor my nie meer nie, ek sê maar totsiens
Ek sal jou nie steur nie, ek loop ongesiens,
want jy is in oorde waar drome nog blom,
ek groet sonder woorde, want hartseer is stom.
En jy is in oorde waar drome nog blom,
ek groet sonder woorde, want hartseer is stom

Curiosidades sobre la música Groet sonder woorde del Theuns Jordaan

¿Cuándo fue lanzada la canción “Groet sonder woorde” por Theuns Jordaan?
La canción Groet sonder woorde fue lanzada en 2006, en el álbum “Jukebox Medley:- Kalbassies; Groet Sonder Woorde; Travel In Staail; Hex-Vallei; City/Stad; Meisie Sonner Sokkies; Die Skoene Moet Jy Dra”.
¿Quién compuso la canción “Groet sonder woorde” de Theuns Jordaan?
La canción “Groet sonder woorde” de Theuns Jordaan fue compuesta por KOOS DU PLESSIS.

Músicas más populares de Theuns Jordaan

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)