Molberge

Koos du Plessis

Jou naam besing verlore ou fonteine
en tower beelde van oases langs die pad
maar ver al wys die torings van die myne
jou skoonheid lê veel dieper in die hart.
En ek onthou:
Op n manier was daar met net dieselfde vrede
die neig mos om te woon net waar hy wil.
En daal ek af in skagte na benede, die verlede,
word die rammelende ratte langsaam stil.

En die dreuning in jou buik skud snags die mure
en bring flitse van blou blitse in n skag
waar mans soos molle, in diepdroomure
en goud breek uit die brandkluis van die nag.
En ek onthou:
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus,
uit die newelige berge van die mol
die gelatenheid van mense wat gerus is,
maar bewus is:
hierlangs is die wêreld halfpad hol.

Daar was legendes van die vreemdste avonture,
diep-diep in die mensgemaakte berg
en saans in grotte om die bendevure,
het die ligspel teen grou wande als verdwerg.
En ek onthou:
Daar was n huis met n kombuis en greinhouttafel
en ses mense het gedeel in lief en leed.
En mettertyd het alles uitgerafel,
maar wat die leed was,
het ek jare terug vergeet.

Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede,
uit die newelige berge van die mol
en droom en bou, al vreet die vrees my vrede,
en al is my eie wêreld halfpad hol.

En droom en bou, al vreet die vrees die vrede,
want die wêreld is maar oral halfpad hol.
En ek onthou.

Curiosidades sobre la música Molberge del Theuns Jordaan

¿Quién compuso la canción “Molberge” de Theuns Jordaan?
La canción “Molberge” de Theuns Jordaan fue compuesta por Koos du Plessis.

Músicas más populares de Theuns Jordaan

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)