Ek Wil Weet
So stap ek nou deur donker strate, ek mis jou oë, jou lyf, jou hande teen my
Hier teen my
Ons storie lees soos kort gedigte in drome sien ek ons gesigte voor my
'n Skildery hier in my
Ek wil weet dis net jy
Wat my hart sal kan stil maak
Ek wil weet dis net jy
Wat daar is as dit saak maak
Ek sal vir altyd hier bly
Deur sonskyn en deur swaarkry
'n Silhoeët hier in my
Vir ewig, altyd jy
Oppad na jou met vreemde paaie jy's oral
In die draaiboek blaaie, myne
Opgeskryf in die lyne
Op my vingers lê daar leë spasies, leemtes
Daar waar sy soos 'n legkaart inpas
Tien uit tien aan my vas
Ek wil weet dis net jy
Wat my hart sal kan stil maak
Ek wil weet dis net jy
Wat daar is as dit saak maak
Ek sal vir altyd hier bly
Deur sonskyn en deur swaarkry
'n Silhoeët hier in my
Vir ewig, altyd jy
Jy is die vure wat hier binne brand
Soos goeie hout hou jy die vlam van my hart in jou hand
Ek wil weet dis net jy
Wat my hart sal kan stil maak
Ek wil weet dis net jy
Wat daar is as dit saak maak
Ek sal vir altyd hier bly
Deur sonskyn en deur swaarkry
'n Silhoeët hier in my
Vir ewig, altyd jy
Ja ek wil weet dis net jy
Deur sonskyn en deur swaarkry
'n Silhoeët hier in my
Vir ewig, altyd jy
Vir ewig
Altyd
Jy