Deur Die Winters

EWALD COLESKE, THEUNS JORDAAN

Winde waai my na 'n weer onthou
Winter nagte tussen my en jou
Daar's soveel somers wat verby ons is
Hoe maak ons om tyd weer terug te kry?

Deur die winters van die lewe loop ek
Deur die koue en die reën
Na al die winde wat om ons gedraai het
Weet ek jy staan nog by my agter deur

Deur die winters van die lewe loop ek
Deur die koue en die rеën
Verby die draaie van ons kronkеl paaie goeie tye is wat ek onthou
Hier staan ek nou en wag alweer vir jou

Op hierdie eindelose reis alleen
Deur die stad en oor die platteland weet ek waardeur
Verby die gange van herinnering
Ek sien al die lyne van my kompas wys na jou

Deur die winters van die lewe loop ek
Deur die koue en die reën
Na al die winde wat om ons gedraai het
Weet ek jy staan nog by my agter deur

Deur die winters van die lewe loop ek
Deur die koue en die reën
Verby die draaie van ons kronkel paaie goeie tye is wat ek onthou
Hier staan ek nou en wag alweer vir jou

Jy's die engel wat voor my verskyn
My brood en wyn
Jy's die waterval in my woestyn

Deur die winters van die lewe loop ek
Deur die koue en die reën
Na al die winde wat om ons gedraai het
Ek weet jy staan nog by my agter deur

Deur die winters van die lewe loop ek
Deur die koue en die reën
Verby die draaie van ons kronkel paaie goeie tye is wat ek onthou
Hier staan ek nou en wag alweer vir jou
Goeie tye is wat ek onthou
Hier staan ek nou en wag alweer vir jou

Curiosidades sobre la música Deur Die Winters del Theuns Jordaan

¿Quién compuso la canción “Deur Die Winters” de Theuns Jordaan?
La canción “Deur Die Winters” de Theuns Jordaan fue compuesta por EWALD COLESKE, THEUNS JORDAAN.

Músicas más populares de Theuns Jordaan

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)