As almal vêr is

KOOS DU PLESSIS

As almal ver is
Word die hart skielik oud
As die wêreld 'n ster is
Afsydig en koud
Smee die gordyne
'n Komplot teen die lig
Krimp die kosyne
En deure sluit dig
As almal ver is, vind jy jouself
Waar jy in laaie, in stil hartkamers delf
As almal ver is, vind jy jou siel -
Weerloos, en eensaam, soos 'n vrou voor 'n spieël
As daar geeneen is
Sit jy als op die skaal
Want jy weet, wat geleen is
Word eindelik gehaal
Dan kom die waarheid
En besweer elke leuen
Skenk jou weer klaarheid -
En laat jou alleen
As almal ver is, vind jy jouself
Waar jy in laaie, in stil hartkamers delf
As almal ver is, vind jy jou siel -
Weerloos, en eensaam, soos 'n vrou voor 'n spieël

Curiosidades sobre la música As almal vêr is del Theuns Jordaan

¿Quién compuso la canción “As almal vêr is” de Theuns Jordaan?
La canción “As almal vêr is” de Theuns Jordaan fue compuesta por KOOS DU PLESSIS.

Músicas más populares de Theuns Jordaan

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)