Sondaars

Sous op my drome
Suiker op als wat ek wil hê
Son in my somer
Ruikers vir my waar jy kom lê

Lig in my donker
Koelte wat net ons twee wil hê
Jou glimlag wat konkel
Jou asem waar woorde niks kan sê

In hierdie katedraal waar sondaars op hul kneë val
Bly ek net in sonde waar ek wonder hoe ek lewe
Ek wonder hoe ek lewe, maar wonder hoe ek lewe
Sonder jou

Hoe ek lewe sonder jou
Hoe ek lewe sonder jou
Hoe ek lewe sonder jou
Hoe ek lewe sonder jou

'n Woord in die môre
Fluister jy waar die wêreld skree
Sag in my ore
Blywende hart wat by jou leer

Bol staan jou wande
Dan plaas jy jou koelte oor my wond
Vry van verlange
Jy medisyne my gesond

In hierdie katedraal waar sondaars op hul kneë val
Bly ek net in sonde waar ek wonder hoe ek lewe
Ek wonder hoe ek lewe, maar wonder hoe ek lewe
Sonder jou

Hoe ek lewe sonder jou
(Hoe ek lewe sonder jou)
Hoe ek lewe sonder jou
Sonder jou

Sous op my drome
Suiker op als wat ek wil hê
Son in my somer
Ruikers vir my waar jy kom lê

Músicas más populares de Steve Hofmeyr

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)