Liewe Ma
Liewe ma
Ek weet dis laat
As die telefoon lui
En jy wonder wie’s daar is dit die duisendste keer dat jy vir my opstaan
Ek wou niks hê nie
Ek wou net sê daar sal ‘n gat in die hemel wees as jy moet gaan
Daar sal ‘n gat in die hemel wees as jy moet gaan
Liewe ma
Ek leer verstaan
Noudat ek self
'n Kind laat gaan dit wat ‘n vrou moet verloor in God se groot beraam
Om plek te maak waar kinders mag staan
En dan as niemand meer kyk nie saggies weg te gaan
En dan as niemand meer kyk nie saggies weg te gaan
Liewe ma
My engele staan
'n Sirkel om jou
Hand aan hand met vlerke wyd oop gesprei en om jou toegevou
Jy sal onthou
Die engele van jou wat jy as kind aan my geleen het gee ek terug aan jou
Wat jy as kind aan my geleen het gee ek terug aan jou
Liewe ma
Ek weet dis laat
Liewe ma
Ek leer verstaan
Liewe ma
My engle staan
Liewe ma
Liewe ma