Kapok

Al
So hou dit aan
Wat jy vir my sê
Kan ek nie verstaan nie

Nee, nee, nee
Sê liewer nee
Maak dit finaal
As om weer te probeer

Jy kom in die gloed van die somer en vries al die vensters toe
Jy staan voor die son en jy wasem die wêreld se lense toe
O, jy voel dit nie

Kapok in Oktober en sneeu in die somer as jy in 'n twee meter radius van my kom staan

Al
Al wat ek vra
Waarom die winter
Op die somer's aand

Gal
Vat met jou saam
Jou stories jou twyfel
Wat in my bestaan

Jy kom in die nag sodat ek nie die lag in jou oë sien nie
Jy lê in my bed maar jy wet my jy soek nie nog vriende nie
O, jy voel dit nie

Kapok in Oktober en sneeu in die somer as jy in 'n twee meter radius van my kom staan
Oor my kom staan

Kapok in Oktober en sneeu in die somer as jy in 'n twee meter radius van my kom staan

Músicas más populares de Steve Hofmeyr

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)