Gordyne
Die gordyne lig
Sy’t vroeër wakker geword
Ek’t gesoek vir ‘n teken
Man down
Ek’s bewond
Dink jy dis selfsugtig om te vra
Dat almal fokof hier?
Ek wil oorbegin
Hier by jou begin
Sukkel om huur by te bring
Regop staan vir my beloftes
Ons gaan iets word met hierdie songs, my ding
Is dit selfsugtig om te vra?
Kan jy my toevlug wees?
Kan jy kom lê
In die donker tuin
As die wêreld helder is?
Dis ‘n sondag aand
God reën by die badvenster in
Sy drink lou warm Milo
Word donker
Dis net die wind
Dink jy dis selfsugtig om te vra
Dat ons seer sal hou?
Ek soek die ware jou
Om weer saam te begin
Sukkel om huur by te bring
Regop staan vir my beloftes
Ons gaan iets word met hierdie songs, my ding
Is dit selfsugtig om te vra?
Sal jy my toevlug wees?
Sal jy kom lê
In die donker tuin
As die wêreld helder is?
Is dit selfsugtig om te vra?
Sal jy my toevlug wees?
Sal jy kom lê
In die donker tuin
As die wêreld helder is?