Deinings
Ons het mekaar in die huis gekry als was te veel, te swaar, te donker vir my
Ons slaan ons kamp met komberse op, nooi jy die honde, nooi die Here ook
Jy in jou blou
Ek wens ek was aangetrek vir jou
Is jy bang
Vir die mense hier rond
Die dood in hul oë
Ek sal liewer met spoke
Spoke om jou
Iets van die liefde onthou
Ons kan soos deinings van die see
Mekaar verloor en nader tree
Ons het mekaar in diе dorp gekry, jy was die lig, hoog bo water oor my
Is еlke skild wat ek herken ook gekraak, 'n hartseer oog se lens
Jy in jou blou
Ek wens ek was aangetrek vir jou
Ek is bang
Om eendag te gaan
’n Dood sonder jou
Ek sou liewer soos spoke
Wat wolk oor die veld
Iets van die liefde vertel
Ons kan soos deinings van die see
Mekaar verloor en nader tree
Ons kan soos deinings van die see
Mekaar verloor en nader tree
Ek sal in kan gee