'n Man Moet Kan Huil [Live]

Hy's die rots, die steenpilaar, hy's daar as ek val, hy tel my op en hou my bo
In sy geselskap voel ons tuis hy's die hartklop van my binne huis, my vriend, meer as my pa
Maar die trane in sy oë is sag as hy sy klein hart oop maak

'n Man kan ook huil, hy kry ook seer
'n Man staan sterk maar hy voel ook teer
As die masker val en die trane rol en uiteindelik sy klein hart oop maak

'n Man kan ook huil, hy kry ook seer
Hy staan ook sterk om van die pyn te vergeet
As die mure val en die trane syl, sal die sterkste van die sterktste mans ook huil
'n Man moet kan huil

Hy is hard, hy is liefdevol, sy hart het ook 'n blindekol, hy's stil as die hartseer praat
Hy moet vreesloos na almal kyk, vir almal wys hoe 'n huis moet lyk, hy moet die las self dra
Maar die trane in sy oë is sag as hy sy klein hart oop maak

'n Man kan ook huil, hy kry ook seer
'n Man staan sterk maar hy voel ook teer
As die masker val en die trane rol en uiteindelik sy hart weer oop maak

'n Man kan ook huil, hy kry ook seer
Hy staan ook sterk om van die pyn te vergeet
As die mure val en die trane syl, sal die sterkste van die sterktste mans ook huil
'n Man moet kan huil

'n Man is ook maar net 'n mens
Hy bloei en kry ook seer en val dan soos die res
'n Man is ook maar net 'n mens en sy trane is oseaane van liefde

'n Man kan ook huil, hy kry ook seer
'n Man staan sterk maar hy voel ook teer
As die masker val en die trane rol en uiteindelik sy hart weer oop maak

'n Man kan ook huil, 'n man kan breek
Hy staan ook sterk om van die pyn te vergeet
As die mure val en die trane syl, sal die sterkste van die sterktste mans ook huil
'n Man moet kan huil

Músicas más populares de Pieter Koen

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)