Kilimanjaro

Die koggelman se koggel
Laat kierang kierang bly
Die nag wind blaas en bulder
Ek sweer hy raas met my

My hart die hanker huis toe
Maar my voete wil net weg
My linker wil net regser
En ek weet na links is reg

Dis 'n berg soos Kilimanjaro
Die berg hier binne my
'n Berg soos Kilimanjaro
Maar daar bo sal jy my kry

'n Berg soos Kilimanjaro
Die berg hier binne my
Dis 'n berg soos Kilimanjaro
En daar bo sal jy my kry

Soekers wat nie vind nie
Moet iewers tuiste kry
Of bly bou aan die berge
Soos dié tussen jou en my

Maar ek is nie 'n klip nie
En my tuiste lê by jou
Liefde's nie 'n las nie
Ek moet dit net onthou

Dis 'n berg soos Kilimanjaro
Die berg hier binne my
'n Berg soos Kilimanjaro
En daar bo sal jy my kry

Klim jou klim na my toe
Teen die steiltes op
Stamp my bang soos stutte weg
Tot jy my hart hoor klop

Dis 'n berg soos Kilimanjaro
Die berg hier binne my
'n Berg soos Kilimanjaro
En daar bo sal jy my kry

Dis 'n berg soos Kilimanjaro
Die berg hier binne my
'n Berg soos Kilimanjaro
Maar daar bo sal jy my kry

Dis 'n berg soos Kilimanjaro
Die berg hier binne my
'n Berg soos Kilimanjaro
En daar bo sal jy my kry

Dis 'n berg soos Kilimanjaro
Die berg hier binne my
'n Berg soos Kilimanjaro
En daar bo sal jy my kry
'n Berg soos Kilimanjaro
En daar bo sal jy my kry

Músicas más populares de Pieter Koen

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)