Doen wat jy wil

Christiaan Baard, Hendre Baard, Mornè Baard

Ek kruip weg in die onderlaag van Plattekloof se gutters
'N Bottel water, Lucky Strike, ruk ek myself reg
My siel verdrink in ons land se diepste waters
Geen persoonlikheid nie en my hoop waai weg
En my wêreld staan stil, terwyl die stem in my kop bly gil
Hou op my kritiseer
Ek kan doen wat ek wil
Ja doen wat ek wil

En ek sê whoa Johnny, moenie kwaad raak nie ou
Ons wêreld is verlate kyk waar staan ons nou
Almal vloek en skel
Al is hulle bang vir die hel
Ja jou lewe is ʼn sprokies verhaal tot die God van sonde jou kom haal
Vir jou kom haal

Jy's te bang om te lewe jy het ʼn vrees vir die dood
Jy's vasgevang in ʼn boksie maar jou drome bly groot
Jou paaie draai skeef besig om van die brug af te val
Almal kyk jou vreemd uit maar vir jou is dit normaal
En jou wêreld staan stil
Terwyl die stem in jou kop bly gil
Hou op my kritiseer ek kan doen wat ek wil
Ja doen wat ek wil

En ek se whoa, Johnny, moenie kwaad raak nie ou
Ons wêreld is verlate kyk waar staan ons nou
Almal vloek en skel al is hulle bang vir die hel
Ja jou lewe is ʼn sprokies verhaal tot die God van sonde jou kom haal

En ek se whoa, Johnny, moenie kwaad raak nie ou
Ons wêreld is verlate kyk waar staan ons nou
Almal vloek en skel, al is hulle bang vir die hel
Ja jou lewe is ʼn sprokies verhaal tot die God van sonde jou kom haal

Curiosidades sobre la música Doen wat jy wil del Millenium

¿Quién compuso la canción “Doen wat jy wil” de Millenium?
La canción “Doen wat jy wil” de Millenium fue compuesta por Christiaan Baard, Hendre Baard, Mornè Baard.

Músicas más populares de Millenium

Otros artistas de Dance music