Something to say
So ek sit en dink oor die lewe wie's ek en wie's jy
Ja ek weet dat ons almal maak foute
En dis boring om by die reëls te bly
En jy weet ek is eintlik baie sag
En jy's besig om my te verlei
Ja ek hou nie daarvan om vir mense te jok nie
That's why baby I've got something to say
Ooh en ek weet dalk ek drink bietjie baie
Maar jy's die rede hoekom ek dit doen
Al gee ek jou my alles
Is jy besig om 'n ander man te soen
Ooh en al is ek 'n normale ou
Voel ek soos Superman as jy my vashou
Emosioneel is ek baie onvolwasse
En ek haat dit om oor jou te huil
Maar nog steeds sit ek hier by my tjommies en my grappies
Bly nog steeds altyd vuil
Al breek jy my gaan ek nie stop nie
Want daar's drome wat wag vir my
Dis 'n joke hoe selfsugtig jy is
En ek weet ek gaan iemand beter kry
Ooh en ek weet dalk ek drink bietjie baie
Maar jy's die rede hoekom ek dit doen
Al gee ek jou my alles
Is jy besig om 'n ander man te soen
Ooh en al is ek 'n normale ou
Voel ek soos Superman as jy my vashou