Plaashuis

Vieruur in die more
Staan ek op vir jou
Ek seën jou met Sy vrede
Want ek’s jou vrou

God kom seën sy voete
Waar hy mag loop
En kom seën sy hande
Mag hy bou en hoop

Tussen die mure van ons plaashuis vanaand
Staan ek en jy en deel ons harte vanaand
Ons gee nogsteeds ons alles
Tussen die mure van ons plaashuis

Elke generasie
Het iets om voor te veg
Maar ons vergeet so maklik
En dink net dis ons reg

Ons sal vat en maak werk
As die leegtes loop
Sal aanhou bid vir oorvloed
Vir water en vir brood

Tussen die mure van ons plaashuis vanaand
Staan ek en jy en deel ons harte vanaand
Ons gee nogsteeds ons alles
Tussen die mure van ons plaashuis

Tussen die mure van ons swaarkry vanaand
Gee ek en jy die eer aan net God vanaand
Ons gee nogsteeds ons alles
Tussen die mure van ons plaashuis

Vieruur in die more
Staan ek op vir jou
Ek seën jou met Sy vrede
Want ek’s jou vrou

Tussen die mure van ons plaashuis vanaand
Staan ek en jy en deel ons harte vanaand
Ons gee nogsteeds ons alles
Tussen die mure van ons plaashuis

Tussen die mure van ons swaarkry vanaand
Gee ek en jy die eer aan net God vanaand
Ons gee nogsteeds ons alles
Tussen die mure van ons plaashuis

Músicas más populares de Lianie May

Otros artistas de Country pop