Boeremeisie

Die myle gly soos wind hier oor my vel
Ek wens ek kon jou bel
En alles vir jou vertel

Ek's hier maar ek is amper terug by jou
Ek wens dit was al nou
Ek wens die tyd kom gou

Want ek's 'n boeremeisie
En ek bly net lief vir jou
En hierdie eindelose langpad
Sal my nooit weg van jou kan hou

Ek mis jou weer
Net soos elke keer
Want jy's al wat hierdie hart begeer
Jy weet ek kom altyd terug na jou
Ja, jy weet ek kom altyd terug na jou

Die bome teken spoke teen my muur
Ek wens jy was nou hier
Ek moet die eensaamheid verduur

Môre kom ek terug en ek's by jou
Ek gaan jou styf vashou
En my arms om jou vou

Want ek's 'n boeremeisie
En ek bly net lief vir jou
En hierdie eindelose langpad
Sal my nooit weg van jou kan hou

Ek mis jou weer
Net soos elke keer
Want jy's al wat hierdie hart begeer
Jy weet ek kom altyd terug na jou
Ja, jy weet ek kom altyd terug na jou

Ek tel die ure tot ek by jou staan
Ek sal dit als verdra
Om jou te wys ek's joune

Maak nie saak wat almal van jou sê
Jy's al wat ek wil hê
En jy weet ek's joune

Ah na na na na na na, oh ho ho ho

Want ek's 'n boeremeisie
En ek bly net lief vir jou
En hierdie eindelose langpad
Sal my nooit weg van jou kan hou

Ek mis jou weer
Net soos elke keer
Want jy's al wat hierdie hart begeer
Jy weet ek kom altyd terug na jou
Ja, jy weet ek kom altyd terug na jou
Na jou

Curiosidades sobre la música Boeremeisie del Lianie May

¿Cuándo fue lanzada la canción “Boeremeisie” por Lianie May?
La canción Boeremeisie fue lanzada en 2009, en el álbum “Boeremeisie”.

Músicas más populares de Lianie May

Otros artistas de Country pop