Bel,Bel,Bel!!

Vir jou my Volla klaar verkoop
'n Duisend myle vêr geloop
Het my hare rooi gekleur
Wil al my buie beheer

Vir jou die hoogste berg geklim
Kruger miljoene vir jou vind
Het die diepste see geswem
Wild vreemde lande verken

Wat wat wat!
Wat ek nie sal doen om jou te kry nie
Jou vra om langer te bly nie
Jou vra om nooit te ry nie
Bel bel bel!
Bel dat jy my nie vergeet nie
Aan my behoort sal jy nie weet nie
Dat jy myne is moet jy nie keer nie

Ek sal koffie vir jou maak
Dis 'n uitgemaakte saak
Ek sal briefies vir jou skryf
Jou met sms'e dreig
Ek sal my rooiwyn met jou deel
En wag dat jy my hart moet steel
Ek sal rugby saam' jou kyk
Ooh ja, agter jou rug inkruip

Wat wat wat!
Wat ek nie sal doen om jou te kry nie
Jou vra om langer te bly nie
Jou vra om nooit te ry nie
Bel bel bel!
Bel dat jy my nie vergeet nie
Aan my behoort sal jy nie weet nie
Dat jy myne is moet jy nie keer nie

Ek sal nagte wakker lê
Oor alles wat ek nog wil sê
Wil jou onder maanlig soen
Weet jy wat jy aan my doen?

Wat wat wat!
Wat ek nie sal doen om jou te kry nie!
Jou vra om langer te bly nie
Jou vra om nooit te ry nie
Bel bel bel!
Bel dat jy my nie vergeet nie
Aan my behoort sal jy nie weet nie
Dat jy myne is moet jy nie keer nie

Bel bel bel!

Curiosidades sobre la música Bel,Bel,Bel!! del Lianie May

¿Cuándo fue lanzada la canción “Bel,Bel,Bel!!” por Lianie May?
La canción Bel,Bel,Bel!! fue lanzada en 2007, en el álbum “Vergeet My Nie”.

Músicas más populares de Lianie May

Otros artistas de Country pop