Voor Jy Gaan
Dit voel asof ek jou al jare ken
Ek hoor dit in jou woorde en in jou stem
Is daar 'n rede om hier te wees?
Is daar 'n rede om hier te wees?
Wens ek kon die ure stop
Jou hier by my hou en jou hart voel klop
Kan 'n minuut net langer wees?
Kan 'n minuut net langer wees?
Jy staan al by die deur maar voor jy gaan
Kom sit hier by my (Sit hier by my)
Bly net naby
Bly net om my
Bly net in my hart vanaand
In my hart vanaand
Kom sit hier by my (Sit hier by my)
Hou jou arms om my
Hou my naby
Hou my in jou hart vanaand
In jou hart vanaand
Voor jy weer moet gaan
Môre lê soos 'n berg voor my
Hoe gaan ek myself deur die verlange kry
Ek smag om by jou te wees
Ja, ek smag om by jou te wees
Ek wens ek kon die ure stop
Jou hier by my hou en jou hart voel klop
Kan 'n minuut net langer wees?
Kan 'n minuut net langer wees?
Jy staan al by die deur maar voor jy gaan
Kom sit hier by my (Sit hier by my)
Bly net naby
Bly net om my
Bly net in my hart vanaand
In my hart vanaand
Kom sit hier by my (Sit hier by my)
Hou jou arms om my
Hou my naby
Hou my in jou hart vanaand (Vanaand)
In jou hart vanaand (Vanaand)
Soen my saggies 'n laaste keer
En voor jy gaan doenit weer
Kom sit hier by my (Sit hier by my)
Bly net naby
Bly net om my
Bly net in my hart vanaand
In my hart vanaand
Kom sit hier by my (Sit hier by my)
Hou jou arms om my
Hou my naby
Hou my in jou hart vanaand
In jou hart vanaand
Kom sit hier by my
Kom sit hier by my
Voor jy weer moet gaan