Volmaakte Kring

Juanita Du Plessis

Slaap, my engel, slaap
Slaap nou saggies, slaap
Ek hoop jy droom vanaand van my
Hier waar die nag sy lê kom kry
Tussen paaie wat ons skei

Hou my laaste soen
In die palm van jou hand
Hou my teen jou hart
Die verlange sal genees
As jy onthou
Ek sal altyd naby wees
Al is ek vêr (Vêr)

Elke weggaan maak my seer (Seer)
Ek wens ek kon hier bly
Want elke oomblik sonder jou (Jou)
Is te veel vir my

Ek sal vashou aan die tyd
Wat jou sal terugbring
Al lê daar myle tussen ons
My kompas voltooi
Die volmaakte kring
Terug na jou

'n Laaste goebaai
'n Laaste groet
Ek los jou veilig in Sy hand

Sou die vulkaan in my bedaar
Kan ons vashou aan mekaar
Want ek kom terug (Kom terug)

Elke weggaan maak my seer (Seer)
Ek wens ek kon hier bly
Want elke oomblik sonder jou (Jou)
Is te veel vir my

Ek sal vashou aan die tyd
Wat jou sal terugbring
Hierdie kompas in my hart
Lei altyd terug na jou

Elke weggaan maak my seer (Seer)
Ek wens ek kon hier bly
Want elke oomblik sonder jou (Jou)
Is te veel vir my

Ek sal vashou aan die tyd
Wat jou sal terugbring
Al lê daar myle tussen ons
My kompas voltooi
Die volmaakte kring

Slaap, my engel, slaap
Want môre is ek terug by jou

Curiosidades sobre la música Volmaakte Kring del Juanita du Plessis

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Volmaakte Kring” por Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis lanzó la canción en los álbumes “Volmaakte Kring” en 2007 y “10 Jaar - Platinum Treffers” en 2010.
¿Quién compuso la canción “Volmaakte Kring” de Juanita du Plessis?
La canción “Volmaakte Kring” de Juanita du Plessis fue compuesta por Juanita Du Plessis.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop