Tel Tot Tien
Nommer een sê probeer maar weer
Dink nog 'n tweede keer (Keer, keer, keer, keer)
Dis 'n les om te leer
Daar's mense wat wil weet
Dié wat wil vergeet
Dan kry jy dié wat wik en weeg
Stort hulle woorde oor jou leeg
Maar dié wat weet
Ken die antwoord en die geheim gesien
Tel tot tien
As niks vir jou wil werk nie
Voor jou lê 'n berg
Al voel jy nie te sterk nie
En jou geduld begin jou terg
As al die ure
In jou dae net te kort is
Kom tot rus
Nommer een sê probeer maar weer
Dink nog 'n tweede keer
Dis 'n les om te leer (Dis 'n les om te leer)
Nommer drie is vir kalm bly
Vier is vir loop verby
Vyf in 'n ry
Nommer ses sê jy moet bedaar
Sewe mal sewe sê vergewe mekaar (Vergewe mekaar)
Nommer agt sê haal diep asem en
Op nege maak toe jou oë
Tel tot tien
As alles net verkeerd loop
Die opdraand is steil
As al die vrede in jou uitloop
Jy in 'n hoek wil sit en huil
As al die ure
In jou dae net te kort is
Kom tot rus
Nommer een sê probeer maar weer
Dink nog 'n tweede keer
Dis 'n les om te leer (Dis 'n les om te leer)
Nommer drie is vir kalm bly
Vier is vir loop verby
Vyf in 'n ry
Nommer ses sê jy moet bedaar
Sewe mal sewe sê, vergewe mekaar (Vergewe mekaar)
Nommer agt sê haal diep asem en
Op nege maak toe jou oë
Tel tot tien
Nommer een sê probeer maar weer
Dink nog 'n tweede keer
Dis 'n les om te leer (Dis 'n les om te leer)
Nommer drie is vir kalm bly
Vier is vir loop verby
Vyf in 'n ry
Nommer ses sê jy moet bedaar
Sewe mal sewe sê, vergewe mekaar (Vergewe mekaar)
Nommer agt sê haal diep asem en
Op nege maak toe jou oë
Tel tot tien (Tel tot tien, tel tot tien)
Tel tot tien