My Pa Is Die Koning

Walter Gerke, Mick Hannes, Leon Ferreira

Jy glimlag so breed as jy my vriendelik groet
Jy lyk tog so selfversekerd
Met die wêreld aan jou voete
Voel jy soos 'n reus bly die lewe 'n fees

As teëspoed jou tref
Dan skeel dit jou min
Dit lyk of jy dans as jy loop
Ek kon dit nooit verstaan nie
Ek moes die antwoord hê en toe hoor ek jou sê

My Pa is die Koning van die Heelal jy weet
En kom wat wil ek sal dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal

Ek's die Koning se kind dit maak my 'n prinses
Die lewe is Christus selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie dit sê ek jou nou
My Pa is die Koning onthou

Hoe moes ek nou voel?
Ek wens ek was jy
Maar ek's net 'n gewone vrou
Dit klink so onregverdig
Om 'n koning te hê vir wie jy Pa kan sê

Toe't jy my genooi jy sê kom luister nou mooi
Hoe kan jy tog so gou vergeet?
Ons is mede erfgename
En toe ek my kon kry toe sê jy vir my

Jou Pa is die Koning van Heelal jy weet
En kom wat wil jy moet dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal

Jy's die Koning se kind ja dit maak jou 'n prins
Die lewe is Christus selfs die dood is 'n wins
Vir niks is jy bang nie al wat sê ek nou
Jou Pa is die Koning onthou

My Pa is die Koning van Heelal jy weet
En kom wat wil ek sal dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai die berge kan val
Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal

Ek's die Koning se kind dit maak my 'n prinses
Die lewe is Christus selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie dit sê ek jou nou
My Pa is die Koning onthou
My Pa is die Koning onthou
My Pa is die Koning onthou

Curiosidades sobre la música My Pa Is Die Koning del Juanita du Plessis

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “My Pa Is Die Koning” por Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis lanzó la canción en los álbumes “Altyd Daar” en 2004 y “Altyd Daar: Gospel Album Vol. 1” en 2004.
¿Quién compuso la canción “My Pa Is Die Koning” de Juanita du Plessis?
La canción “My Pa Is Die Koning” de Juanita du Plessis fue compuesta por Walter Gerke, Mick Hannes, Leon Ferreira.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop