My Kind

Juanita du Plessis

Het jy geweet as die lewe jou sny dan bloei ek?
Het jy geweet as die son oor jou skyn dan groei ek?
Het jy geweet as jy weggaan is daar leemtes in my?
As jy geweet het sou jy geweet het ek sal bly

As jy weet
Sou jy dan verstaan hoe ek voel
Hoe diep ek jou lief het
Wat ek bedoel

As jy weet
Ek is altyd by jou, dat gebede jou bou my liewe kind
As jy nie weet nie sê ek jou nou

Het jy geweet as ‘n traan oor jou wang rol verstaan ek?
Het jy geweet waar jou hartseer moet wegkruip daar gaan ek?
Het jy geweet as jy seerkry voel ek tien maal jou pyn?
As jy geweet het sou jy geweet het ek kan nooit verdwyn

As jy weet
Sou jy dan verstaan hoe ek voel
Hoe diep ek jou lief het
Wat ek bedoel

As jy weet
Ek is altyd by jou, dat gebede jou bou my liewe kind
As jy nie weet nie sê ek jou nou

My liefde is groot en dis al wat ek jou kan gee (Al wat ek jou kan gee)
Roep net my naam in die nag, ek staan voor jou deur

As jy weet ek is altyd by jou, dat gebede jou bou my liewe kind
As jy nie weet nie sê ek jou nou
My liewe kind, as jy nie weet nie sê ek jou nou

Curiosidades sobre la música My Kind del Juanita du Plessis

¿Cuándo fue lanzada la canción “My Kind” por Juanita du Plessis?
La canción My Kind fue lanzada en 2011, en el álbum “Engel Van My Hart”.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop