Mengelmoeskardoes [Duet]

Meer as die vrot in 'n vrot pampoen
Groter as Hentiesbaai se wengaljoen
Meer as die woes in 'n mengelmoeskardoes

Meer as al die tieners wat op MXIT chat
Vêrder as die sesse van Gibbs se bat
Meer as die gees by Klein Karoo Kunstefees

Jy dink jy's lief vir my maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou en ek sal jou verras
Sê dit vir my en dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer

Langer as die draai van die Kaapsedraai
Dieper as die see in 'n Weskusbaai
Wyer as wyd
Hoër as die hoogste berg

Meer as al die borrels in my borrelbad
Groter as die potholes op die Noordwes pad
Vêrder as vêr
Langer as die N1 lyn

Jy dink jy is lief vir my maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou en ek sal jou verras
Sê dit vir my dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer

Jy dink jy's lief vir my maar ek lief jou meer
Jy dink jou hart klop vir my maar ek kan myne nie keer
As jy my wil druk hou ek jou stywer vas
Soen my gou en ek sal jou verras
Sê dit vir my dan wys ek jou weer en weer
Ek lief jou meer
Oooooh, ek lief jou meer
Oooooh, ek lief jou meer

Curiosidades sobre la música Mengelmoeskardoes [Duet] del Juanita du Plessis

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Mengelmoeskardoes [Duet]” por Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis lanzó la canción en los álbumes “Volmaakte Kring” en 2007 y “Country Hart (Treffers op Aanvraag)” en 2015.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop