Jesus Hou My Vas

Juanita du Plessis

Smart is soms te diep om te beskryf
Nie eers trane kan die rou en die seer verdryf
Ek voel alleen leeg en moedeloos
So alleen bang en baie broos
My krag is min, my krag is min

Here hier by U voete kom val ek neer
Want net U verstaan U weet ek kan nie meer
Elke seermaak klip gegooi het my geknees
Net in U teenwoordigheid sal ek genees
Druk my teen U Bors, druk my teen U Bors

Jesus hou my vas, hou my vas
Hou my stywer vas vanaand
Want ek het U nodig, ek het U so nodig
Jesus hou my vas, hou my vas
Hou my net stywer vas vanaand
Net in U Arms
Dis waar my siel sal rus

Here U maak elke stukkende hart weer heel
ʼN Houtkruis en U bloed op my geseël
Laat U Gees soos water deur my spoel
Vader laat my U arms om my voel
Vul my met vrede, vul my met U vrede

Jesus hou my vas ,hou my vas
Hou my stywer vas vanaand
Ek het U nodig, ek het U so nodig
Jesus hou my vas, hou my vas
Hou my net stywer vas vanaand
Hier in U arms
Dis waar my siel sal rus

Net in U arms
Dis waar my siel sal rus

Jesus hou my vas hou my vas
Hou my vas vanaand

Curiosidades sobre la música Jesus Hou My Vas del Juanita du Plessis

¿Cuándo fue lanzada la canción “Jesus Hou My Vas” por Juanita du Plessis?
La canción Jesus Hou My Vas fue lanzada en 2011, en el álbum “Wees Lig”.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop