Ek Laat Jou Gaan [Duet]

Juanita Du Plessis

'n Hart wat breek
'n Traan wat rol
Dis die seerste seer
Wat niemand sal verstaan nie

Ek weet dis tyd
My gemoed is vol
Ek wil nie hê
Jy moet sien hoe ek huil nie

Met elke hartklop skree
My siel hier binne my
Ek wil so graag hê
Jy moet langer bly

Maar ek laat jou los
Ek laat jou gaan
Al die spore na die reënboog
Dit roep jou naam

Jou drome wag
Gaan haal dit nou
Ek sal hier wees as jy omkyk
Om jou hoog te hou
Hierdie keer kan ek nie saam gaan nie my lief

Ek laat jou gaan
Ek laat jou gaan

Ek's lief vir jou
Moet dit nooit vergeet
Hier sal 'n leemte wees
Wat niemand ooit kan vul nie

Ek kyk op na bo
En ek weet jy weet
Jy sal veilig wees
Waar ek jou nie kan sien nie

Hier bly ek staan
Hier moet ek stop
Ek veë die trane weg
Sit 'n glimlag op

Want ek laat jou los
Ek laat jou gaan
Al die spore na die reënboog
Dit roep jou naam

Jou drome wag
Gaan haal dit nou
Ek sal hier wees as jy omkyk
Om jou hoog te hou
Hierdie keer kan ek nie saam gaan nie my lief

Want ek laat jou los
Ek laat jou gaan
Al die spore na die reënboog
Dit roep jou naam

Jou drome wag
Gaan haal dit nou
Ek sal hier wees as jy omkyk
Om jou hoog te hou
Hierdie keer kan ek nie saam gaan nie my lief

Ek laat jou gaan
Ek laat jou gaan

Curiosidades sobre la música Ek Laat Jou Gaan [Duet] del Juanita du Plessis

¿Cuándo fue lanzada la canción “Ek Laat Jou Gaan [Duet]” por Juanita du Plessis?
La canción Ek Laat Jou Gaan [Duet] fue lanzada en 2015, en el álbum “Country Hart (Treffers op Aanvraag)”.
¿Quién compuso la canción “Ek Laat Jou Gaan [Duet]” de Juanita du Plessis?
La canción “Ek Laat Jou Gaan [Duet]” de Juanita du Plessis fue compuesta por Juanita Du Plessis.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop