Ek en Jy

Juanita du Plessis

Dis jou oë
Jou oë wat dit aan my doen
Dis jou mond wat ek heeldag net wil soen
Maar die glimlag
Wat jy elke keer gee
Wat my van my voete afvee
Dis dit wat in my gedagtes bly

Ek glo in al die woorde wat jy sê
As ek jou net vanaand by my kon hê
Maar jy staan in jou eie rigting
En van my weet jy tog so min
As ek
As ek net vir jou kon sê

Jy's 'n deel van my en sal vir altyd wag
Ek staan hier en huil
En jy's die een wat lag
Sê my hoe jy oor my voel
En of jy werklik als bedoel
Ek en jy is al wat bly hier in my hart
Ek en jy

Net vir jou sal ek elke ster gaan haal
En met alles wat ek het prys bedaar
Maar is dit reg om hier te wag
Want ek staan hier elke dag en nag
Om net
Om net dit vir jou te sê

Jy's 'n deel van my en sal vir altyd wag
Ek staan hier en huil
En jy's die een wat lag
Sê my hoe jy oor my voel
En of jy werklik als bedoel
Ek en jy is al wat bly hier in my hart

Jy's 'n deel van my en ek sal vir altyd wag
Ek staan hier en huil
En jy's die een wat lag
Sê my hoe jy oor my voel
En of jy werklik als bedoel
Ek en jy is al wat bly hier in my hart
Ek en jy
Ek en jy
Ek en jy

Curiosidades sobre la música Ek en Jy del Juanita du Plessis

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Ek en Jy” por Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis lanzó la canción en los álbumes “Ek En Jy” en 2000 y “10 Jaar - Platinum Treffers” en 2010.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop