Daar [Live]
Jy hoor my nie
As ek fluister
Jy kry my nie
Ons paaie duister
My hart was nog altyd 'n kluis vol geheime
In die nag
Wat niemand hoor nie
Lê my siel verskuil
Agter bome
Of tussen lyne
Van leë akkoorde
Jy soek my dalk op 'n plek waar ek nooit sal wees nie
Maar as jy net luister
As jou hart net luister
In die sout van my trane
Van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeg lê daar tussen jou arms, daar
Sal jy my kry
En die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is, daar
Sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons
Wat alles vertel oor ons daar
Sal jy my kry
Daar sal jy my kry
Ek sê soms
Wat ek nie bedoel nie
Jy verstan my nie
Ek weet nie hoekom nie
Jou antwoord lê ontbloot voor jou oë sonder woorde
Maar jy soek my nie
Jy soek nie genoeg nie
In die sout van my trane
Van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeg lê daar tussen jou arms, daar
Sal jy my kry
En die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is, daar
Sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons
Wat alles vertel oor ons daar
Sal jy my kry
Daar sal jy my kry
Jy dink jy ken my
Dink jy's naby, maar tog is jy vêr van my
Kyk net verby my oë
Dit wat dieper lê
In die sout van my trane
Van seerkry wat rol oor my wange
Sal jy my kry
In die holte wat leeg lê daar tussen jou arms daar
Sal jy my kry
In die woorde wat my sal aanvaar net soos ek is, daar
Sal jy my kry
In die stilte wat hang om ons
Wat alles vertel oor ons daar
Sal jy my kry
Daar sal jy my kry
Ek weet dis jy oh woah ho ho ho
Ek weet dis jy oh woah ho ho ho
Wat my sal kry