By Jesus Se Voete

Juanita du Plessis

Ek wens ek kon die pyn vir jou dra
Ek wens ek kon jou seerkry wegvat
Ek wens ek kon al jou vrae antwoord
Ek wens ek kon die wêreld vir jou gee

Maar ek is net 'n mens
En ek is magteloos
Hier op my knieë
Is my gebed

Ek lê jou
By Jesus se voete neer
Hy ken jou vrese
Jou twyfel, al jou seer
Hy bring lewe
En vrede in jou hart

Hy sal jou vashou
Hy sal jou nooit verlaat nie
Hy's altyd by jou
Al maak niks vir jou sin nie

Ek lê jou
Ek lê jou
By Jesus se voete neer

Dit breek my hart om jou so te sien
Ek weet dat jy dit nooit verdien
Maar vir elke traan wat jy huil
Huil ek myne
En dan bring ek jou net weer tot
Voor die troon

So as jy alleen en bang
In die donker lê en wag
Onthou my woorde
Want dis Sy belofte

Ek lê jou
By Jesus se voete neer
Hy ken jou vrese
Jou twyfel, al jou seer
Hy bring lewe
En vrede in jou hart

Hy sal jou vashou
Hy sal jou nooit verlaat nie
Hy's altyd by jou
Al maak niks vir jou sin nie
Ek lê jou

Ek lê jou
By Jesus se voete neer
Hy ken jou vrese
Jou twyfel, al jou seer
Hy bring lewe
En vrede in jou hart

Ek lê jou
Ek lê jou
By Jesus se voete neer
By Jesus se voete neer
By Jesus se voete neer

Curiosidades sobre la música By Jesus Se Voete del Juanita du Plessis

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “By Jesus Se Voete” por Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis lanzó la canción en los álbumes “Vlieg Hoog - Gospel Album - Vol.2”, “Vlieg Hoog” en 2007 y “10 Jaar - Platinum Treffers” en 2010.

Músicas más populares de Juanita du Plessis

Otros artistas de Country pop