Liefde

Ek het oral op die aarde rondgegrawe grawe, grawe, hand in die hare, o ja
Want ek is honger
Ek stuur 'n radiosein in jou lugruim in laat my weet of jy wel die boodskap kry, o ja
Want jy is myne

En jy weet wat ek soek jy moet my gee wat ek soek ek het jare lank gewag
En ek is hier om jou finaal te kry met liefde
Ja met liefde, o warm liefde

Ek het al my soldate uitgestuur om van ver te bespied of jy weerstand bied, o ja
Want jy is myne
Ek het 'n radarskerm op jou lyf gerig ‘n sateliet hou jou dop uit die ruimte uit, o ja
Want jy is myne

En hier is jy nie veilig nie moordenaars loop los en daar is bloed in hierdie strate
Sonder liefde, sonder liefde, sonder liefde
Sonder liefde

Gevaarlik gevaarlik gevaarlik hier
Gevaarlik gevaarlik gevaarlik hier
Sonder liefde

Gevaarlik gevaarlik gevaarlik hier
Gevaarlik gevaarlik gevaarlik hier
Sonder liefde

Gee meer liefde
Eet meer liefde

Músicas más populares de Johannes Kerkorrel

Otros artistas de Pop rock