Blou Aarde

Ralph John Rabie

Hier stap ons nou
In die voetspore van die brontosaurus
Hier oor die woestyne
Waar een tyd oerwoud was

Kan jy sien hoe ver het ons gekom
In die sirkels van die tyd
Met ons medaljes en ons wonde
Stap ons oor die drumpel uit
Ongeskonde

En die wêreld is 'n groot blou bal
Wat stil
Deur die ruimte val
En ek en jy is kinders
Wees is ons gelaat
En soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal
Verstaan

Niks kan die oorlog keer nie
Niks kan teen sy mag marsjeer nie, hy
Trek 'n hakekruis
En sy maak haar hare los

Hy het 'n hamer en 'n sekel
En sy dans in die sandwoestyn
En ons streel met ons blote hande
Oor die eindelose sand
Onverbonde

En die wêreld is 'n groot blou bal
Wat stil deur die ruimte val
En ek en jy is kinders
Wees is ons gelaat
En soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal weer praat

En eendag sal dit beter wees
Eendag sal ons wel verstaan
Waarom mense soms so wreed kan wees
Net om soms weer
Soveel meer te gee

En die wêreld is 'n groot blou bal
Wat stil deur die ruimte val
En ek en jy is kinders
Wees is ons gelaat
En soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal voorstaan

Soms vir 'n oomblik
Kan ons mekaar se taal weer praat

Músicas más populares de Johannes Kerkorrel

Otros artistas de Pop rock