Yster Slyp Yster

JO ENGELBRECHT, JOHAN VORSTER

Ons ma's was altyd besig om vrede te kry
Terwyl die buurvrou ons om middernag in haar swembad kry
Toe ons kaalgat in die drive-way 'n kort pad sny
Met 'n .38 special aan haar regter sy

Ons het die berge van Magalies altyd uit gaan klim
Mekaar gespot oor wie die eerste keer die draad sal spring
In die reservoir het ons amper 'n pêl verloor
Vir die eerste keer besef
Ons word nou groot

Maar nou is ons pêlle wyd verspreid soos die oseaan, en
Van ons beste vriende het na die Here toe gegaan
Soos broers het ons mekaar se rug gehad
Ons was kop in een mus, al sou die werêld ook vergaan
Toe vriende bloed was
Yster slyp yster
Ons vorm mekaar

'n Mens kan nie verloor wat jy nie kan vergeet
Die tye wat ons deel was van die goed en leed
Wat ons altyd aangevang het, het ons grootgemaak
En dit was ons gemis het, is nie oorgepraat

Die jare is al ouer tussen nou en toe
Daai tye is afgeslyp soos in 'n storieboek
En as ons in die strate vir mekaar weer groet
Hoef niemand iets te sê nie, ons tik net die hoed

Maar nou is ons pêlle wyd verspreid soos die oseaan, en
Van ons beste vriende het na die Here toe gegaan
Soos broers het ons mekaar se rug gehad
Ons was kop in een mus, al sou die werêld ook vergaan
Toe vriende bloed was
Yster slyp yster
Ons vorm mekaar

Maar nou is ons pêlle wyd verspreid soos die oseaan, en
Van ons beste vriende het na die Here toe gegaan
Soos broers het ons mekaar se rug gehad
Ons was kop in een mus, al sou die werêld ook vergaan
Toe vriende bloed was
Yster slyp yster
Ons vorm mekaar

Músicas más populares de Jo Black

Otros artistas de Pop rock