Genoeg vir My

Jy staan by my
As ek op my pad verdwaal
As die wêreld om my inmekaar val
Sal jy altyd langs my staan

In rowwe tye sal jy roep na my
Uit die dieptes van jou hart
Ek wil deel wees van jou goed en smart
Ek sal altyd langs jou staan

Want ons albei weet ons is bloed dikker as water, trek ons harte al hoe nader, jy’s die een wat my verstaan
Ek lê ‘n eed soos die gelofte, hierdie lied is my belofte dat ek altyd jou rug sal hê

Want jy
Jy’s meer as net ‘n vriend, jy’s ‘n broer vir my
Na alles wat ons deur is nog aan my sy
Kan nie glo my ma’t gesê jy’s nie goed vir my
Maar ek moеt bely dat jy

Jy’s meer as net ‘n vriend, jy’s ‘n broеr vir my
Rug teen rug sal ek en jy altyd saam baklei
‘n Oorlog kan maar kom dit is gou verby
Want dis ek en jy

Stap saam met my
Deur die lewe en sy leed
Dit verbaas my want ek weet jy weet
Ek sal altyd by jou staan

Want ons albei weet ons is bloed dikker as water, trek ons harte al hoe nader, jy’s die een wat my verstaan
Ek lê ‘n eed soos die gelofte, hierdie lied is my belofte dat ek altyd jou rug sal hê

Want jy
Jy’s meer as net ‘n vriend, jy’s ‘n broer vir my
Na alles wat ons deur is nog aan my sy
Kan nie glo my ma’t gesê jy’s nie goed vir my
Maar ek moet bely dat jy

Jy’s meer as net ‘n vriend, jy’s ‘n broer vir my
Rug teen rug sal ek en jy altyd saam baklei
‘n Oorlog kan maar kom dit is gou verby
Want dis ek en jy

Jy, jy’s meer as net ‘n vriend, jy’s ‘n broer vir my
Na alles wat ons deur is nog aan my sy
Kan nie glo my ma’t gesê jy’s nie goed vir my
Maar ek wonder weet sy

Dat jy, jy’s meer as net ‘n vriend, jy’s ‘n broer vir my
Rug teen rug sal ek en jy altyd saam baklei
‘n Oorlog kan maar kom dit is gou verby
Want dis ek en jy

Músicas más populares de Jo Black

Otros artistas de Pop rock