Ek Wonder Soms
Feëprinses jy is my wonderwerk
Jy’s so klein maar tog so sterk
My diepste drome het jy kom deel en met jou laggies en jou soentjies
My hart kom steel
En ek wonder soms
Wat jy sou sê as ek die legkaart van my lewe
Voor jou uitlê?
Maar ek hou jou in my drome
Ek hou jou in my hart
Want daar kan niemand geen afstand jou vat
En ek wonder soms
Ek wonder soms
Ek wonder soms wat jy sou sê?
Feëprinses jy is my rowwekind
Een wat in die dryfsand nooit sal sink
Jou hart is mooi en jou woord’s jou eer jy’t my geleer wat dit is om net jouself te wees
En ek wonder soms
Wat jy sou sê as ek die legkaart van my lewe
Voor jou uitlê?
Maar ek hou jou in my drome
Ek hou jou in my hart
Want daar kan niemand geen afstand jou vat
En ek wonder soms
Ek wonder soms
Ek wonder soms wat jy sou sê?
En ek wonder soms
Ek wonder soms
Ek wonder soms wat jy sou sê?
Ek onthou toe jy nog skaars kon loop
En jy lê hier op my bors
Ek sou vir jou die hele wêreld gee niks het verander nie ek gaan nogsteeds
Ek sal nogsteeds
Ek wonder soms
Ek wonder soms
Ek wonder soms wat jy sou sê?
Ek wonder soms
Ek wonder soms
Ek wonder soms wat jy sou sê?
En ek wonder soms
Ek wonder soms
Ek wonder soms wat jy sou sê?
Sal jy dalk sê
Sal jy dalk sê
Ek’s als wat jy in ‘n Pa wil hê?
Feëprinses jy is my wonderwerk
Jy’s so klein maar tog so sterk