Johnny Is Nie Dood Nie [Jack Parow]

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Johnny Johnny kap dit flou
(Check, check)

Yo, onderkant die wind by die spoor, by die spoor hang jou reuk in die lug wat na trane ruik
Onderkant die wind by die spoor, by die spoor onder hierdie maan lê my vriend se lyk

Met 'n storie op die voorpad met 'n kiekie van 'n kar met 'n byline (Check, check)
Maar by nommer 22 is dit stil
By nommer 22 was die laaste pil in die pipeline (Check, yo)
In die pipeline

(Yo) Johnny was 'n cowboy, Johnny was 'n rushkop
Johnny, Johnny, Johnny maak 'n groot geraas
Johnny was 'n genius, Johnny was 'n fokop
Johnny, Johnny stadig nou, Johnny, Johnny kappit flou
Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie hy's net uitgepaas, uh

Onthou jy nog die aande daar in Birdstraat, Birdstraat
Onthou jy nog die maande, van fokkol doen en kak praat
Onthou jy liewe Jesus met sy vuil blou jeans
Tussen asbakkies en bottels al daai weird, weird scenes

Weet jy dalk die rede hoekom is dit alles oor
Weet jy dalk die rede hoekom ons jou moes verloor
Is daar hoop vir ons wat oorbly, is daar troos vir al die junkies, kan ons doen wat ons wil (Wat ons wil)

Is daar 'n lig daarvoor of is die party oor, is daar buttons in die hemel (Buttons in die hemel)
Buttons in die hemel (Buttons in die hemel)

Johnny was 'n cowboy, Johnny was 'n rushkop
Johnny, Johnny, Johnny maak 'n groot geraas
Johnny was 'n genius, Johnny was 'n fokop
Johnny, Johnny stadig nou, Johnny, Johnny kappit flou
Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie hy's net uitgepaas

Desperaat in Dorpstraat roekeloos in Rockystraat, lippe op die klippe met 'n sukkelende clutch
Die bakkie het gehou, maar ons gol was uit toe breuk ons maar 'n venster in vermaaklikheid
Dubbies op die dashboard klippe in die pad, Bowie op die boemboks sit hom in rat
Watter kind is woester en waar is die pa piele op die wiele al vir 16 jaar
Piele op die wiele al vir 16 jaar, piele op die wiele
Al vir 16 jaar

Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie hy's net uitgepaas
Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie, Johnny is nie dood nie hy's net uitgepaas

'n Jaar later het Alex vir my jou kar se stierwiel gebring Johnny en dit was gebuig
Ek het die stierwiel teen my muur opgehang en al die mure rooi geverf Johnny
Onthou jy toe Kurt Cobain net famous geword het
Jy was die eerste dude wat sy vir my sy Nirvana CD kom bring het
Ons het dit dag en nag gejol Johnny dis al wat ons aan die fokken lewe gehou het Johnny

Dit was nie goeie tye nie Johnny, ek weet dit was die beste tye wat ons nog ooit gehad het
Dit was beter as die army, dit was beter as Sondagskool Johnny
Ons was nie regtig vry nie Johnny, want ons het fokken baie geraas gemaak
En jy meer as almal Johnny maar ek troos my daaraan

Jy's nie regtig dood nie Johnny
Jy's Hemel toe saam met Kurt Cobain
Ons check jou almal een van die dae Johnny, hou vir ons 'n bietjie wyn

Curiosidades sobre la música Johnny Is Nie Dood Nie [Jack Parow] del Jack Parow

¿Cuándo fue lanzada la canción “Johnny Is Nie Dood Nie [Jack Parow]” por Jack Parow?
La canción Johnny Is Nie Dood Nie [Jack Parow] fue lanzada en 2017, en el álbum “Afrika 4 Beginners”.
¿Quién compuso la canción “Johnny Is Nie Dood Nie [Jack Parow]” de Jack Parow?
La canción “Johnny Is Nie Dood Nie [Jack Parow]” de Jack Parow fue compuesta por ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Músicas más populares de Jack Parow

Otros artistas de