Engel

Ek het vriende wat ek sien, ek is verslaaf aan nikotien
Ek hou van karre wat kan ry, ek huil gewoonlik as ek baklei
Ek het gedink dat dit sou reën toe word ek stil en wag alleen
Tot jy kom klop het
Aan my deur

Ek het 'n dak bo oor my kop en in die winter like ek sop
Ek raak benoud wanneer jy luister net soos wanneer mense fluister
Wonder of jy sal onthou dat jou woorde aan my klou
As jy my insluk sonder om te kou

So ek skreeu 'n song vir jou my lief, bly nog 'n rukkie asseblief
En as ek sing dan sing jy saam, in 'n droom roep ek jou naam

Ek is so dronk soos Koos Kombuis, daar is geen swembad by my huis
My sussie bly in Potchefstroom, die mense daar rook almal boom
Vier seisoene in jou traan, hou my vas wanneer jy gaan
En ek weer alleen hier staan

So ek skreeu 'n song vir jou my lief, bly nog 'n rukkie asseblief
En as ek sing dan sing jy saam, in 'n droom roep ek jou

So ek skreeu 'n song vir jou my lief, jy is 'n engel en 'n dief
En as ons sing dan sing ons saam, in 'n droom roep ek jou naam

Músicas más populares de Ivan Roux

Otros artistas de Urban pop music