Dit Is Hoe Dit Voel

Ek voel my hart klop ek kan dit nie stop
Nou sit ek hier weet nie wat op aarde jy wil hê nie
Jy trek my nader dit raak al later
Jy neem my weg na ‘n plek waar niemand ons kan sien nie

Jy neem my na die atmosfeer
Jy weet net wat om te doen jy fluister
In my oor wat ek wil hoor vanaand

Dit is hoe dit voel
Ons praat met ons lywe jou lippe op myne
Dit is hoe dit proe
Trek toe die gordyne want nou is jy myne

Op die ritme van die beat, maak ek en jy musiek
Vanaand gaan ons tot laat ons kan nie stop
Dit is hoe dit voel
Ons praat met ons lywe jou lippe op myne

Ek voel jou asem die ruit opwasem
Ek wil jou hê want genoeg is nooit genoeg vir my nie
Jy is my suurstof ons werk weer nagskof
My kafeïen adrenalien en ons gaan nooit weer slaap nie

Jy neem my na die atmosfeer
Jy weet net wat om te doen jy fluister
In my oor wat ek wil hoor vanaand

Dit is hoe dit voel
Ons praat met ons lywe jou lippe op myne
Dit is hoe dit proe
Trek toe die gordyne want nou is jy myne

Op die ritme van die beat maak ek en jy musiek
Vanaand gaan ons tot laat ons kan nie stop
Dit is hoe dit voel
Ons praat met ons lywe jou lippe op myne

Ons is jonk en roekeloos
Dis ek en jy vanaand
Ons sal onself in die oomblik verloor
Dis hoe dit voel
Dit is hoe dit voel

Dit is hoe dit voel
Ons praat met ons lywe jou lippe op myne
Dit is hoe dit proe
Trek toe die gordyne want nou is jy myne

Op die ritme van die beat maak ek en jy musiek
Vanaand gaan ons tot laat ons kan nie stop
Dit is hoe dit voel
Ons praat met ons lywe jou lippe op myne

Músicas más populares de Georic Lomas

Otros artistas de Dance pop