Hulle sê

Hulle sê jy moet jou hand opsteek en vorentoe kom
As jy die sleutels tot die hemel wil hê
Hulle sê jy moet hard vir iemand anders werk want 'n werk is 'n werk

Hulle sê jy moet spaar vir jou ou dag
Jy moet jou testament in orde hê
Hulle sê jy moet skuld maak om nog skuld te maak
Om kinders wat jou haat in 'n sekuriteitskompleks groot te maak

Ek voel 'n fok vir wat die mense sê
Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê
Kop op 'n blok, praat 'n gat in my kop
Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê

Hulle sê ons is mal, hulle sê, hulle sê ons moet ons sondes belei
Ophou soos diere baklei, maar hulle weet nie
Dat dit ons jags maak om mekaar te toets nie

Dat ons allergies is vir roetine se roes, hulle sê jy moet jou drome beperk
En realisties oor jouself wees
Ek het gedog ek sou al dood wees maar nou wil ek net nog van jou hê

Ek voel 'n fok vir wat die mense sê
Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê
Kop op 'n blok, praat 'n gat in my kop
Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê

Solank jy môremiddag as ek wakker word nog langs my lê
Voel ek, ek het my tyd en energie wys belê
In iets wat tasbaar is met brein en derms
Geen inknommers op papier of op dot-matriks skerms

Die sigaret is in jou baadjiesak, né
Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê

Ek voel 'n fok vir wat die mense sê
Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê
Kop op 'n blok, praat 'n gat in my kop
Ek voel 'n fok vir wat die ander mense sê

Vir wat die ander mense sê
Vir wat die ander mense sê

Curiosidades sobre la música Hulle sê del Francois Van Coke

¿Cuándo fue lanzada la canción “Hulle sê” por Francois Van Coke?
La canción Hulle sê fue lanzada en 2015, en el álbum “Francois van Coke”.

Músicas más populares de Francois Van Coke

Otros artistas de