O My Vy
Dis net bakkies en stof wat waai
Al die pelle maak ‘n groot lawaai
Die sekelbos staan hoog gelaai, die manne skree nou gaan ons braai
Ekke wou nog keer ek het probeer
Die vuur brand al tot teen die dak
En almal raak nou lekker mak
Ons gaan nou ‘n koue knak, ‘n vliesie op die kole bak
Ekke wou nog keer ek het probeer
Ek het gebel om te vertel, ek het probeer om dit te keer
Jy sê mos alewig ek moet kommunikeer
Ek het gebel om te vertel, ek het probeer om dit te keer
Jy sê mos alewig ek moet kommunikeer
O my vy, vanaand gaan ek weer in die spaarkamer bly
Buffelsfontein het alweer kalfies gekry
O my vy, haar koue skouer wag vir my
Sy gaan ou koeie uit die sloot uitstry
O my vy, sy is baie baie baie
Kwaad vir my
Julle moet begin beweeg
Want die bottels raak so vining leeg
Almal skud nog lekker deeg, ek gaan dinge op moet weeg
Ekke wou nog keer ek het probeer
Ek het gebel om te vertel, ek het probeer om dit te keer
Jy sê mos alewig ek moet kommunikeer
Ek het gebel om te vertel, ek het probeer om dit te keer
Jy sê mos alewig ek moet kommunikeer
O my vy, vanaand gaan ek weer in die spaarkamer bly
Buffelsfontein het alweer kalfies gekry
O my vy, haar koue skouer wag vir my
Sy gaan ou koeie uit die sloot uitstry
O my vy, sy is baie baie baie
Ek belowe ek sal opmaak, ek sal skottelgoed was
Ou gewoontes pak dit baie netjies in die kas
Ek belowe nooit weer, was die laaste laaste keer
Van nou af gaan ek leer om te kommunikeer
Van nou af gaan hy leer om te kommunikeer
O my vy, vanaand gaan ek weer in die spaarkamer bly
Buffelsfontein het alweer kalfies gekry
O my vy, haar koue skouer wag vir my
Sy gaan ou koeie uit die sloot uitstry
O my vy, sy is baie baie baie
Sy bly baie baie baie lief vir my