Ek Sou Kon Doen Met 'n Miljoen

Lucas Maree

Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ek sou kon doen met 'n miljoen
Want daarmee was die wêreld vir my oral immer groen ja
Ek sou kon doen met 'n miljoen

Ek is moeg vir die gesukkel van my dag tot dag bestaan
En die gewonder oor die geld as ek ook iewers heen wil gaan
Karre wat nie werk nie maak my werklik nou gedaan
En die deep freeze het jou waarlik ook weer laas nag gaan staan

Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ja ek sou myself met net ses nulle kon voorsoen ja
Ek sou kon doen met 'n miljoen

Ek werk my ore mik net om belasting te betaal
En nou is ek al hoeka op 'n splinternuwe skaal
Ja die wet van die Transvaal vreet al my kapitaal op
En die rentekoerse hou my oor die algemeen maar kaal

Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ja ek sou myself met net ses nulle kon voorsoen ja
Ek sou kon doen met 'n miljoen

Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ek sou kon doen met 'n miljoen
Want daarmee was die wêreld vir my oral immer groen ja
Ek sou kon doen met 'n miljoen

Ek soek nie baie geld nie net 'n klein ou fortyntjie
'n Vliegtuig en 'n seiljag selfs al is dit net 'n kleintjie
Ek dink nie ek wil ryk wees nie ek wil net graag genoeg hê
Om solank as wat ek wil in my jacuzzi te kan lê

Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ek sou kon doen met 'n miljoen
Ja ek sou myself met net ses nulle kon voorsoen ja
Ek sou kon doen met 'n miljoen

Músicas más populares de FATMAN

Otros artistas de House music