Ditjies & Datjies
Verskonings, verskonings, ek het dit al gehoor
Beloftes, beloftes, beloftes maak skuld
Gewoontes, gewoontes, die goeies als verloor
Moermeter, moermeter diep in die rooi
Ek sê been there, done that, t-shirt gekry
Been there, done that, t-shirt gekry
Jy kom met ditjies en datjies
Jinne jy maak my mal
Daai klap hier op my bout
Was jou heel grootste fout
Want deur daai ditjies en datjies
Het ek jou gekry
Daai stoutgat streke van jou is ougat verby
Solank ek ditjies en datjies vir aandete kry
Hier wil ek, hier wil ek, hier wil ek lê
Jy’s hastig, jy’s lasting so brand jy jou mond
Behoeftes, behoeftes, ‘n man het dit mos
Versigtig, versigtig, die poeding is oppad
Ek sê been there, done that, t-shirt gekry
Been there, done that, t-shirt gekry
Jy kom met ditjies en datjies
Jinne jy maak my mal
Daai klap hier op my bout was jou heel grootste fout
Want deur daai ditjies en datjies
Het ek jou gekry
Daai stoutgat streke van jou is ougat verby
Solank ek ditjies en datjies vir aandete kry
Wie soek nou rys, vleis en aartappels as ek vir jou kan kry?
O daai vetjie op jou tjoppie is lekker verby
Wie soek nou rys, vleis en aartappels as ek vir jou kan kry
O daai boudjies en bladjies is melktert vir my
Jy kom met ditjies en datjies
Jinne jy maak my mal
Daai klap hier op my bout was jou heel grootste fout
Want deur daai ditjies en datjies
Het ek jou gekry
Daai stoutgat streke van jou is ougat verby
Jy kom met ditjies en datjies
Jinne jy maak my mal
Daai klap hier op my bout was jou heel grootste fout
Want deur daai ditjies en datjies
Het ek jou gekry
Daai stoutgat streke van jou is ougat verby
Solank ek ditjies en datjies
Solank ek ditjies en datjies vir aandete kry