Hou Jou Kop Dop

Vergeet my nie jou deure sluit
Ek kan nie meer en moet hier uit tot my verwyt
En tot my algehele spyt ek moet herken
Sy’s die oorsaak van die kramp in my regter kuit

Almal hier is geprogrameer om jou hart uit te ruk en in die stof te smeer
Die gekerm en gekla en die aanhoudended geneul is ook maar net geformuleer om jou van vooraf te verveel

En ek hou my kop op selfs al voel ek somtyds dom
En ek klou aan jou liefde want die wêreld draai daarom
En ek verander weer my lewe ek ek maak alles presies soos wat jy dit wil hê
Moet ek jou alweer met ‘n geweer probeer forseer net om my lief te hê?

En hou jou kop op baby, hou jou kop op baby, ek hou my kop op baby, hou jou kop dop

Getransformeer dit maak te seer ek is verlief en voel ‘n veer
Ek kan nie meer as om myself net te besmeer met die vel van generiese bestaan en soos ‘n hond met ‘n been hardloop ek net agteraan

En ek hou my kop op selfs al voel ek somtyds dom
En ek klou aan jou liefde want die wêreld draai daarom
En ek verander weer my lewe ek ek maak alles presies soos wat jy dit wil hê
Moet ek jou alweer met ‘n geweer probeer forseer net om my lief te hê?

En hou jou kop op baby, hou jou kop op baby, ek hou my kop op baby, hou jou kop dop

Vergeet my nie jou deure sluit
Ek kan nie meer en moet hier uit tot my verwyt
En tot my algehele spyt ek moet herken
Sy’s die oorsaak van die kramp in my regter kuit

Ek verander weer my lewe ek ek maak alles presies soos wat jy dit wil hê
Moet ek jou alweer met ‘n geweer probeer forseer net om my lief te hê?

Hou jou kop op baby, hou jou kop op baby, ek hou my kop op baby en hou jou kop op baby
Ek hou my kop op baby, en hou jou kop op baby, ek hou my kop op baby
En hou jou kop op baby, ek hou jou kop dop

Músicas más populares de Dewald Wasserfall

Otros artistas de Pop rock