1000 Kerse

Ek sien ’n duisend kerse brand
Aangesteek deur elke vrou
Wat hoop haar man maak nog ’n aand
Dis ’n baken in die nag
Dit gee ons hoop, dit gee ons krag
As ons nie weet wat op ons wag
As ons nie weet wat op ons wag

Ek sal jou opdra
Ek weet ek’s glad nie in beheer
Ek sal nooit opgee

Ek sal by jou staan
Na jou verlang
Solank die kerse brand
Ek sal aanhou loop
Gee jou my woord
Solank die kerse brand

Is daar genesing na die seer?
Nog ’n les wat ons moet leer?
Waarheen dan heen weet U alleen

Ek vra jou glo jy soos ’n kind
Dat ons mekaar net weer sal vind
As die stof en haat gaan lê
As die stof en haat gaan lê

Ek sal jou opdra
Ek weet ek’s glad nie in beheer
Ek sal nooit opgee

Ek sal by jou staan
Na jou verlang
Solank die kerse brand
Ek sal aanhou loop
Gee jou my woord
Solank die kerse brand

Ek sien ’n duisend kerse brand
Aangesteek deur elke vrou
Wat hoop haar man maak nog ’n aand

Ek sal by jou staan
Na jou verlang
Solank die kerse brand
Ek sal aanhou loop
Gee jou my woord
Solank die kerse brand

Ek sal by jou staan
Na jou verlang
Solank die kerse brand
Ek sal aanhou loop
Gee jou my woord
Solank die kerse brand

Curiosidades sobre la música 1000 Kerse del Dewald Wasserfall

¿Cuándo fue lanzada la canción “1000 Kerse” por Dewald Wasserfall?
La canción 1000 Kerse fue lanzada en 2016, en el álbum “Jy is die storm”.

Músicas más populares de Dewald Wasserfall

Otros artistas de Pop rock