Hartjie Van Die Klein Karoo

Kan niemand my sien?
Kan niemand my hoor?
Of is ek deurskynend?
In almal se oë

Kan niemand my hoor?
Ek huil in die wind
Ek huil vir die harte, vir die harte
Van elke kind

My plek is hier
My plek is hier waar ek staan
In die hartjie van die Klein Karoo
Is waarna ek verlang

My plek is hier
My plek is hier saam met jou
Want die hartjie van die Klein Karoo
Sal my altyd naby jou hou

Kan iemand dit voel?
Hoe dit brand binne my
Vir die kinders van die Klein Karoo
Wat agter moet bly

My plek is hier
My plek is hier waar ek staan
Die hartjie van die Klein Karoo
Is waarna ek verlang

My plek is hier
My plek is hier saam met jou
Want die hartjie van die Klein Karoo
Sal my altyd naby jou hou
Want die hartjie van die Klein Karoo
Sal my altyd naby jou hou

Músicas más populares de Cordelia

Otros artistas de Dance pop