Volmaak

Wat is die hemelruim as die son nie skyn nie?
Die see se dreun as die golwe breek nie?
So gemaak
So volmaak

Ek wil niemand wees as jy nie daar is nie
Maar iemand wees wat jou nooit weer mis nie
Liefde maak
So volmaak

Vir die eerste keer sien ek die lewe weer
Sien ek weer kans om berge te versit

Want saam met jou net jou
Het die niks weer die iets van die liefde gemaak met jou net jou
Het die lief en die leef heel geraak ons sal spore maak
Aan die wolke raak saam met jou net jou volmaak
Volmaak

Wat is my doel vir nou as jy nie hier is nie?
Ek is nie gemaak om vir jou te mis nie
Ek wil aan jou raak
Liefde maak

Wat is my asem werd as jy nie bestaan nie?
Ek is hier vir jou ek wil nêrens gaan nie ek wil aan jou raak
Met jou praat

Vir die eerste keer sien ek die lewe weer
Sien ek weer kans om berge te versit

Want saam met jou net jou
Het die niks weer die iets van die liefde gemaak met jou net jou
Het die lief en die leef heel geraak ons sal spore maak
Aan die wolke raak saam met jou net jou volmaak
Volmaak

Jy’t die oomblik perfek kom maak met jou moenie opgee en aanhou regmaak
Ek is niks nie as jy nie hier is nie my sielemaat
Die wolke staan as die wind nie waai nie nagte lank as die son nie skyn nie
Alles pas alles voel so volmaak

Want saam met jou net jou
Het die niks weer die iets van die liefde gemaak met jou net jou
Het die lief en die leef heel geraak

Want saam met jou net jou
Het die niks weer die iets van die liefde gemaak met jou net jou
Het die lief en die leef heel geraak ons sal spore maak
Aan die wolke raak saam met jou net jou volmaak
Volmaak

Músicas más populares de Cordelia

Otros artistas de Dance pop