Pa en Seun

STEVE HOFMEYR

Ek staan hier alleen langs jou graf
En ek wens so graag jy was nog hier
Dat ons net kon praat en ons trots kon laat vaar
En ek net jou pa kon wees

Net die beste wil ek vir jou hê
Maar daai woorde was nooit net gesê
Hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min om weer te begin

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
In jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief jy's my kind
Jy's my kind

Sê my, hoe word 'n pa so alleen
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen

Jou woorde draai steeds in my kop
Daar is soveel wat 'n pa nog wou vra
Maar eendag moes jy ook 'n pa word my kind
En dan sou jy alles verstaan

Soos 'n pa wat sy lewe sou gee
Met sy trane die seer weg sou vee
Hier waar jy lê my seun weet ek die tyd was te min en niks maak meer sin

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
In jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief jy's my kind
Jy's my kind

Sê my, hoe word 'n pa so alleen
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen

Maar toe in die nag het Hy jou kom haal
En in my spyt besef ek te laat
Jy't my altyd gedra
Maar ek bly nog jou pa

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun
Jou het ek lewe gevind
Ek het jou lief jy's my kind
Jy's my kind

Sê my, hoe word 'n pa so alleen
Dit voel soos my enigste seun
Die Here het jou my geleen

Sê my, hoe sê 'n pa vir sy seun

Curiosidades sobre la música Pa en Seun del Armand Hofmeyr

¿Cuándo fue lanzada la canción “Pa en Seun” por Armand Hofmeyr?
La canción Pa en Seun fue lanzada en 2012, en el álbum “Rug Teen Rug”.
¿Quién compuso la canción “Pa en Seun” de Armand Hofmeyr?
La canción “Pa en Seun” de Armand Hofmeyr fue compuesta por STEVE HOFMEYR.

Músicas más populares de Armand Hofmeyr

Otros artistas de Pop rock