Sing Saam Met My

Tyd kan soos ‘n windmeul oor die aarde draai
Antwoorde wegwaai ons jaar verby blaai
Maar jy en hierdie wêreld vol van soveel vrae
Ry jy op my sterre wa
Kan jou hart ‘n wandel dra?

Sing saam met my ‘n nuwe lewens lied
Strek uit jou hand na wat die lewe bied
Sing in die more en sing deur die nag
Tot waar die rooidag se beloftes vir ons wag

Sing saam met my ‘n nuwe lewens lied
Strek uit jou hand na wat die lewe bied
Saam deur die sorge en saam deur die seer
Kan ons bly glo dis altyd liefde wat regeer

Tyd kan soos ‘n rondomtalie vreugde saai
Kan die nag wegwaai ons drome verby blaai
Maar jy in jou dans kleed soos in ‘n son fontein
Ons hoop wat nimmer kwyn
Wat veilig en sterk bly skyn

Sing saam met my ‘n nuwe lewens lied
Strek uit jou hand na wat die lewe bied
Sing in die more en sing deur die nag
Tot waar die rooidag se beloftes vir ons wag

Sing saam met my ‘n nuwe lewens lied
Strek uit jou hand na wat die lewe bied
Saam deur die sorge saam deur die seer
Kan ons bly glo dis altyd liefde wat regeer

Sing saam met my ‘n nuwe lewens lied
Strek uit jou hand na wat die lewe bied
Sing in die more en sing deur die nag
Tot waar die rooidag se beloftes vir ons wag

Sing saam met my ‘n nuwe lewens lied
Strek uit jou hand na wat die lewe bied
Saam deur die sorge en saam deur die seer
Kan ons bly glo dis altyd liefde wat regeer
Kan ons bly glo dis altyd liefde wat regeer

Curiosidades sobre la música Sing Saam Met My del Anneli Van Rooyen

¿Cuándo fue lanzada la canción “Sing Saam Met My” por Anneli Van Rooyen?
La canción Sing Saam Met My fue lanzada en 1988, en el álbum “Soos ou vriende”.

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans