Rooi Kitaar

Elke Nuwejaar net na die Kersgety
Kom ’n donkiekar drywer deur ons dorpie gery
Dan drom die mense almal op die markplein saam
Hy groet hul met die hand en hul by die naam

Die donkie staan en kou in die skadu van 'n boom
En eenkant brand 'n vuurtjie waar die koffie stoom
En agter op die wa lê die goeters deurmekaar
Maar iewers in die bondel is sy rooi kitaar

Hey liedjieskrywer donkiekar drywer
Tokkel nog 'n deuntjie op jou rooi kitaar
Maak jou eie woorde stuur 'n paar akkoorde
Maak 'n tikker-likker op die Nuwejaar

Hey liedjieskrywer donkiekar drywer
Vrolik klink die klanke van jou rooi kitaar
Vertel ons nog 'n storie van hartseer en van glorie
Vertel ons van jou planne vir die Nuwejaar

Hy skryf die mooiste liedjies van die oorlog tyd
Van Boere en van Kakies en haar Majestyd
Die ouers dink dis leuens maar die kinders glo dis waar
Want hulle sien 'n sprokie in sy rooi kitaar

Terwyl hy sing en speel dans die mense vrolik rond
Maar niemand merk die hoedjie eenkant op die grond
En niemand sien die vrae in die oë wat staar
Want almal word betower deur die rooi kitaar

Hey liedjieskrywer donkiekar drywer
Tokkel nog 'n deuntjie op jou rooi kitaar
Maak jou eie woorde speel 'n paar akkoorde
Maak 'n tikker-likker op die Nuwejaar

Hey liedjieskrywer donkiekar drywer
Vrolik klink die klanke van jou rooi kitaar
Vertel ons nog 'n storie van hartseer en van glorie
Vertel ons van jou planne vir die Nuwejaar

Die wa is reeds gepak want die ure tik verby
Die middagson sit hoog hy moet verder ry
Maar niemand vra hom ooit waar hy kom of gaan
En niemand soek 'n rede vir sy afskeidstraan

Hey liedjieskrywer donkiekar drywer
Tokkel nog 'n deuntjie op jou rooi kitaar
Lê 'n bietjie langer jy's die beste sanger
Maak 'n tikker-likker op die Nuwejaar

Hey liedjieskrywer donkiekar drywer
Dankie vir die liedjies en die rooi kitaar
Dankie vir die woorde en die mooi akkoorde
Alles van die beste vir die Nuwejaar
Alles van die beste vir die Nuwejaar
Alles van die beste vir die Nuwejaar

Curiosidades sobre la música Rooi Kitaar del Anneli Van Rooyen

¿Cuándo fue lanzada la canción “Rooi Kitaar” por Anneli Van Rooyen?
La canción Rooi Kitaar fue lanzada en 2009, en el álbum “Treffers Op Versoek”.

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans