Luister Na Die Wind

As jy alleen deur bosse stap
En die eensaamheid in jou hand kan vat
As die son die stiltes stiller bak
Luister na die wind

Soos klip kop en soos doring bos
Die eenlingskap ken jy mos
Want daar's dinge wat die wind vertel
Wat mense nooit kan sê

Luister na die wind wat waai en skeur deur buffelgras
Luister na sy fluister-praat soos ritselende blaar
Nekantates tussen blare van die bos en kremetart
En sifreën wat ons toevou in die nag

As ek alleen deur ruigtes stap
En die besies in die soetgras roep
As die stiltes tussen my en jou
Soos 'n bosveld stilte lê

Verlange tussen my en jou
Lê op die wind se vlerk
'n Groen duif koer
Is dit jou stem
Of is dit net die wind?

Luister na die wind wat waai en skeur deur buffelgras
Luister na sy fluister-praat soos ritselende blaar
Na kantates tussen blare van die bos en kremetart
En sif reën wat ons toevou in die nag

Daar's dinge wat die wind vertel
Wat mense nooit kan sê
Die woorde wat in stiltes
Tussen my en jou kom lê

Die wind vertel ons stories
Van oranje kampvuur lig
Luister na die wind
Luister na die wind

Daar's dinge wat die wind vertel
Wat mense nooit kan sê
Die woorde wat in stiltes
Tussen my en jou kom lê

Daar's dinge wat die wind vertel
Wat mense nooit kan sê
Luister, luister, luister
Na die wind

Curiosidades sobre la música Luister Na Die Wind del Anneli Van Rooyen

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Luister Na Die Wind” por Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen lanzó la canción en los álbumes “Ek Wil Jou Ken” en 1999 y “Treffers Op Versoek” en 2009.

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans