Jakaranda Jy

Jakaranda jy is die lewens kleur
Wat graniet omskep tot iets veel meer
Jakaranda jy bring die heuning geur
Die soetste asem by my hart se deur

Jakaranda jy
Jakaranda jy
Jakaranda jy

Dagbreek drome veraf tye
Wasig lê my stad en wag
Stadig sukkel druppel druppel
Son en mense vir die dag

Werk stad leef stad swaarkry seer stad
Hier en daar iemand wat lag
Tyd bly voorbly waar’s die heel bly?
Son en mense vir die dag

Jakaranda jy is die lewens kleur
Wat graniet omskep tot iets veel meer
Jakaranda jy bring die heuning geur
Die soetste asem by my hart se deur

Jakaranda jy
Jakaranda jy
Jakaranda jy

Skemer wegsak leegword regpak
Vensters ligte wat vertel
Straatkaats kleure reën se vrede
Mense dwarrel deur die nag

Waar’s die rede menswees soek gees?
Vind lê baie diep versteek
Hier’s ons daar’s jy leef ons leef jy?
Ons die mense wat jou vang

Wie’s ons waar’s jy altyd daar’s jy
Beloftes van die kleur wat kom

Jakaranda jy is die lewens kleur
Wat graniet omskep tot iets veel meer
Jakaranda jy bring die heuning geur
Die soetste asem by my hart se deur

Jakaranda jy
Jakaranda jy
Jakaranda jy

Curiosidades sobre la música Jakaranda Jy del Anneli Van Rooyen

¿Cuándo fue lanzada la canción “Jakaranda Jy” por Anneli Van Rooyen?
La canción Jakaranda Jy fue lanzada en 1999, en el álbum “Ek Wil Jou Ken”.

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans